Video: Motoriste gewaarsku oor ernstige ongeluk op N12
Middelburgers wat vanoggend Gauteng toe gery het, het op noodgroepe laat weet dat daar ’n ernstige ongeluk is op die N12 by eMalahleni.
Noodspanne is nog op die toneel op die N12 by eMalahleni waar daar sowat ’n uur terug ’n ongeluk op die N12 was.

Plaaslike noodgroepe, soos die WhatsApp-groep van die gemeenskapspolisiëringsforum en Middelburgers wat tans stilstaan in die verkeer, het laat weet dat daar ’n kettingbotsing was.
In ’n stemboodskap waarsku Middelburg GPF-lid, Naas Botes, dat die N12 tussen eMalahleni en Springs “’n No Go is weens die digte mis.” Daar is ook op groepe gesê dat motoriste eerder bietjie later moet ry om die ongeluk en die mis te vermy.



’n Persoon op die toneel het ’n video geneem en sê in Zoeloe dat daar mense ernstig beseer is in die ongeluk en dat mense die N12 moet vermy.
@middelburgobserver Multiple vehicle accident in thick mist on the N12 at Tweefontein Bridge towards Blackhill turnoff (eMalahleni).
