Video: Ondersteun vir Etta, ons lemloper wat die Wild Challenge vir katte aanpak!
Middelburg se lemloper durf die Wild Challenge aan vir ons dorp se katte!
Etta Vosges pak op 26 April die 21km Wild Challenge aan ten bate van Feral Care Friends Middelburg.
Haar man, Douw en vriendinne Elsie Versfeld en Marie Kruger sal op dié dag saam met haar stap.
Hulle oefen al vir etlike maande om fiks genoeg te wees om die uitdaging aan te pak.
Persone of sakelui wat Feral Care Friends wil ondersteun, kan Vosges per kilometer borg of ’n eenmalige donasie maak. Sy meld dat daar reeds ’n uitdaging is onder die skole om haar ook te borg.
Stuur ’n WhatsApp na 065 582 2860 met jou naam, van en die bedrag wat jy per kilometer wil borg of as donasie wil gee.
@middelburgobserver Middelburg blade runner, Etta Vosges, will be seen in 21km Wild Challenge in aid of town’s cats.
