News

Bejaarde hoop om sy selfoon terug te kry

’n Bejaarde man van Vergeet My Nie aftreeoord hoop om sy gesteelde selfoon terug te kry.

Mnr. Frederik ‘Keppie’ du Preez, ’n pensionaris wat in een van Vergeet My Nie aftreeoord se eenhede woon, vertel dat sy selfoon, waarvoor hy so lank gespaar het, op 28 Maart verdwyn het. Hy sê hy kan nie sonder ’n selfoon klaarkom nie.

Keppie, soos almal hom ken, doen gereeld takies en handewerk om ander bejaardes, veral die vroue van Vergeet My Nie, te help, en was juis die Vrydag besig om ’n wasgoedlyn te span toe sy foon soos ’n groot speld verdwyn het.

Die vrou vir wie hy die lyn gespan het, het bevestig dat sy die foon in sy broeksak gesien het oomblikke voor dit weggeraak het.

Hy was op Vergeet My Nie se perseel toe dit gebeur het. Hy het teruggeloop waar hy oral was, maar kon dit nêrens vind nie.

Dit is ’n swart Samsung A32 in ’n bruin toevou selfoon-omslag. Sy identiteitsdokument en ’n R500 koopbewys van ’n kruidenierswinkel was ook in die omslag gebêre.

Keppie leen tans ’n ou Nokia by een van die ander inwoners, maar kan nie aansluit by die WhatsApp-groepe vir Vergeet My Nie inwoners nie.

Daarom hoop hy dat indien iemand dalk sy foon opgetel het, hulle dit aan hom kan terugbesorg.

“Ek verdien Sassa en kan nie bekostig om die foon te vervang nie,” het hy gesê.

Keppie kan gekontak word by 078 168 1759.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button