News
Man staan gesteelde fiets af, ry later verby met ‘nuwe’ fiets
’n Man het eenvoudig vir hom ’n ander fiets gaan haal toe ’n gesteelde fiets by hom gevat is.
’n Oorlamse vermeende ‘fietsdief’ het inwoners in Bloekomsig (Mineralia) warm onder die kraag.
Vroeër vandag het ’n inwoner op die gemeenskapspolisiëring WhatsApp-groep laat weet dat hy sy blou fiets afgevat het by ’n persoon. Hy het gemeld dat die fiets waarop hy sit, sy fiets is.
’n Rukkie later het die man by wie hy die fiets gevat het, by sy huis verby gery met ’n ‘nuwe’ fiets wat hy êrens gekry het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
