News

KYK: Gesteelde motorfiets deur gholfbaan na Mhluzi gestoot

Nog ’n motorfiets ook vanoggend in Kanonkop gesteel

’n Beloning word aangebied vir ’n gesteelde BMW motorfiets wat verlede Vrydag uit ’n erf in Hospitaalstraat gesteel is.

Beeldmateriaal van die diefstal wys verskeie mans wat ongeveer 01:33 die oggend, saamwerk om die motorfiets uit die erf te stoot.

Die motorfiets is uit die motorhuis gesteel.

’n Alarm is in Titon Sekuriteit se beheerkamer ontvang en reaksie-offisiere is dadelik ontplooi na die toneel.

Titon se manne kon plek-plek spore optel.

Die diewe is met die motorfiets reg oor die Middelburg Buiteklub se gholfbaan.

@middelburgobserver

Men snatch motorcycle from garage in Clubville, Middelburg, Mpumalanga.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die motorfiets is aan beide kante van die gholfbaan onderdeur die grensdrade gestoot.

Vandaar is die spore gevolg oor die Gholfsig koppie, digby die substasie.

Die vermoede is dat die motorfiets na iewers in Mhluzi gestoot is, waar dit óf vir parte uitmekaar gehaal is, óf versteek word.

Geen voertuie is in die diefstal gebruik nie.

Die gemeenskap se hulp word nou gevra om die motorfiets op te spoor.

Die BMW GS 1200 motorfiets is silwer en grys van kleur.

’n Beloning word ook aangebied.

Indien enigiemand inligting het waar die motorfiets is, kan hulle Hans du Preez van Titon skakel by 013 243 5234.

  • In ’n ander voorval, is daar ook vanoggend ’n motorfiets in Springboklaan gesteel.

Die registrasienommer van die gesteelde Kanonkop motorfiets is RCC 973 GP.

Indien die motorfiets gewaar word, kan die eienaar geskakel word by 079 850 0761.

Die motorfiets vat vanoggend in Springboklaan gesteel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button