News

‘Waar’s die water? Waar’s die krag?!’

Groot gedeeltes van die dorp sukkel al vir twee dae met lae waterdruk en ander uitbreidings, soos Dennesig, sit heeltemal sonder water!

Woeste aanmerkings word op WhatsApp-groepe gemaak oor die feit dat gedeeltes van die dorp sonder water sit.

En nou is Dennesig ook sonder krag!

Inwoners van veral die noordelike deel van Dennesig is keelvol omdat hulle gereeld sonder water sit. Een vrou het vanaand selfs die DA-raadslede beskuldig dat hulle “niks doen” aan die probleem nie.

Die munisipaliteit het ‘n persvrystelling uitgegee wat op al die groepe rondgestuur is, maar dit laat beslis nie die inwoners afkoel nie.

Rdl. Johann Dyason sê hy het al van Sondag af die problem met die lae waterdruk en die gedeeltes van Dennesig wat sonder water is, gerapporteer.

Hy het selfs sover gegaan om laat vanmiddag te reël vir ‘n watertenker wat vir ‘n uur en ‘n half by Saveraite gestaan het, sodat inwoners water kon gaan tap. “Ek het op groepe gesê dat hulle kan gaan water tap, maar niemand het opgedaag nie!”

Rdl. Dyason meld dat daar meganiese probleme is by die Vaalbank waterwerke om water te pomp na die reservoir toe.

“Dit is ‘n baie moeilike situasie in Dennesig. Die noordelike dele soos Rhodes-, Milner- en Harry Gwalastraat is die hoogste geleë en is altyd eerste sonder water en die laaste wat water kry as daar probleme is by die waterwerke.”

“Ek rapporteer die klagtes nie by die oproepsentrum nie, maar by die water-afdeling direk. Ek is die hele tyd met hulle in gesprek, maar ek kan verder niks méér doen nie. Dit help ook nie om kort-kort dieselfde probleem te rapporteer nie, hulle weet daarvan en hulle werk daaraan. Ek kan nie persoonlik self die probleem regmaak nie.”

Die areas wat geraak word deur die swak waterdruk, sluit in: Dennesig, Kanonkop, Nasaret, Rockdale, Eastdene, Uitbreiding 24, Hlalamnandi, en UItbreiding 11 (Industriële area).

  • Rdl. Helda de Klerk het om 20:00 laat weet dat die munisipaliteit ook werk aan die probleem met die krag wat af is in Dennesig en dat dit sowat drie ure sal neem voor die krag weer aan is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button