News

Oud Moord-en-Roof baasspeurder verloor stryd aan kanker

Manie was misdadigers se moses

Huldeblyke stroom in vir oudspeurder Manie Botha wat Sondag vreedsaam tuis in Kempton Park oorlede is.

Oudkollegas soos die voormalige forensiese spesialis Anton Crafford het ondermeer hulde aan Botha gebring na nuus van sy afsterwe aan kanker Sondagaand.

Hy is as ‘yster’ deur Crafford beskryf, en was wyd bekend in Middelburg as lid van een van die polisie se beste, en mees gevreesde ondersoekeenhede wat laterjare ontbind is.

Botha was verbonde aan die destydse Moord-en-Roofeenheid, en gestassioneer in die Oostelike Hoëveld waar hy verskeie hoëprofielsake ondersoek het.

Hy is Sondagaand kort voor 20:00 oorlede met geliefdes aan sy sy.

Sy gedenkdiens vind more, (Donderdag, 17 April) in Kempton Park by die Kaleideo Kerk in Glen Marais, Kempton Park, plaas.

Die diens begin om 11:00.

Daar sal ook tydens die diens ’n huldeblyk deur een van Botha se oudkolonelle gelewer word.

Botha sal veral vir sy droë humorsin, en sy skerp oog vir detail in sy polisie-ondersoeke onthou word.

Sy puik speurvernuf het tot verskeie langtermyn vonnisse vir geweldsmisdadigers gelei.

Hy laat sy lewensmaat Anita Vosloo, sy twee seuns Alrico en Wiaan, skoondogter Carla en kleinsun Matthias agter, tesame met sy stiefseun en dogter Reynard en Talita.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button