Was dit ‘n OTM wat opgeblaas is?
Of was dit iets meer onskuldig?
Talle inwoners is omstreeks 03:00 vanmore wakker geruk deur die slag.
Almal wonder wat die oorsaak van die vroegoggend knal was.
Dit was gelukkig nie ‘n asteroïde wat ons getref het nie.
En myne blaas nie so vroeg nie.
Daar word op verskeie plaaslike WhatsApp groepe bespiegel wat die oorsaak was, maar ‘n antwoord ontwyk inwoners nog.
Die polisie het intussen bevestig dat die slag nie ‘n OTM was wat opgeblaas is nie.
Hulle het ook geen klagtes rakende die ontploffing ontvang nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
