News

Krag se ‘byt’ laat diewe spaander

Diewe het alles net so agtergelaat toe hulle moontlik geskok is met die oop elektriese kabels by ’n hekmotor.

Diewe wat besig was om ’n hekmotor in Kanonkop te steel, was nie bang vir die honde se geblaf nie, maar het hulle vasgeloop in die ‘byt’ van krag.

Me. Jana Capazorio sê hul krag het omstreeks 10:00 Saterdag uitgeskop en het sy dadelik die krag weer aangesit. “Ek vermoed die boosdoeners is geskok toe ek die krag aangesit het, want hulle het alles net so gelos en gevlug!”

Die gesin bly in Akasiastraat en me. Capazorio wil graag inwoners waarsku dat hekmotordiewe weer bedrywig is in dié area. “Ons honde se geblaf het hulle nie eers afgeskrik nie!”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button