Gesoek na Hoërskool Generaal Hertzog matrikulante van 1975
Waar in die wêreld is die 1975 matrieks van Hoërskool Generaal Hertzog?
In 1975 het ’n safaripak R20 by Pontings klerewinkel op Witbank gekos.
Dit was onderwysers soos meneer Seeff Pretorius, Koos van Antwerpen en Lukas van der Merwe se gunsteling kleredrag.

Nou is dit 50 jaar later en die matrikulante van Hoërskool Generaal Hertzog is op ’n pad van nostalgie wat hulle hoop kulmineer later die jaar in ’n reünie waar bande wat daardie jaar gesmee is, weer hervat kan word.
Staaltjies is die afgelope twee weke gedeel op die WhatsApp-groep “Matrieks 1975” terwyl ’n speurtog van stapel gestuur is om oudleerlinge op te spoor.

Daar sal binne die volgende paar dae besluit word of daar genoeg belangstelling is om voort te gaan met ’n reünie.
Oudmatrikulante het reeds van heinde en ver van hulle laat hoor maar daar is nog nuuskierigheid wat het geword van die Jansen boeties, Johan Lompies Lombaard het nog nie van hom laat hoor nie en ook nie Raymond Scott nie.
Die 1975 matrikulante word versoek om hulle:
Noemname en van (vroue ook nooiensvan):
Ja/of Nee ek sal graag so reünie wil bywoon:
Waar is jy tans woonagtig:
Te stuur na Sarel Kotze by 076 1594 425 of sarel.kotze1@gmail.com, Tobie van den Bergh tobievandenbergh@gmail.com of 072 2201 568, oudhoofseun Ferdie Truter by ferdiet@lantic.net of 082724 8337 of onderhoofseun Jan de Jager by 082 893 2784 of jantand@mweb.co.za.
