News

Belfast se inwoners gee om!

’n Spesiale mark om fondse in te samel vir ’n gesin wie se huis afgebrand het, is op Belfast gehou.

Die Belfast gemeenskap gee om! Dit is duidelik gewys toe hulle ’n mark aangebied het om ’n gesin wat alles in ’n huisbrand verloor het, te help.

Hulle het gehoor dat voormalige inwoners van Belfast se huis in Durban (waar hulle nou bly) afgebrand het. Daar is dadelik besluit om te help, omdat die gesin veral dringend wintersklere benodig.

Tydens die mark is daar ook ’n R1 000 ingesamel vir die Belfast Kinderhuis, wat op die dag van die mark ’n tradisionele ‘Gumboot’-dans gedoen het vir die markgangers.

Daar is ook ’n babakompetisie aangebied en pryse gegee vir die jong wenners van die mnr. en mej. Belfast Markkompetisie.

Die gemeenskap wil graag dankie sê vir Jacque en Wicus van Heerden en Danie Janse van Rensburg vir die reël van die mark.

Hier is al die dag se spesiale oomblikke op kamera vasgelê:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button