News

Video: Ons lemloper het die 21km wedloop voltooi!

Middelburg se eie lemloper het die 21km klaar gemaak!

Al het ons dorp se lemloper, Etta Vosges (63,) nie die Wild Challenge onder die vier ure afsnytyd voltooi nie, het sy steeds haar medalje gekry!

Etta wys trots haar medalje.

“Ek het die afsnytyd met agt minute gemis en het hulle steeds vir my ’n medalje gegee. Nie net omdat ek met ’n prostese geloop het nie, maar ook omdat ek dit vir ’n organisasie gedoen het,” sê Vosges.
Hulle was so 600m vanaf die eindpunt toe hulle hoor hoe die tyd afgetel word.

Etta en haar ondersteuningspan, Elsie Versfeld, Douw (haar man) en Marie Kruger.

Sy het geloop ten bate van Feral Care Friends Middelburg en het Charmain Potgieter (van Feral Care) haar by die eindpunt ingewag om vir haar dankie te sê.

Vir Vosges was die wedloop ’n groot uitdaging oor die geweldige opdraendes.
“Omdat ’n mens nie ’n enkel het met die prostese nie, loop jy baie harder aan jou ander kant. My linkerkant waar die prostese is, is 110 persent, maar my regterkant is lekker styf omdat jy harder werk aan daardie kant. Ek het ook nie ’n merkie op my stompie nie!” sê sy dankbaar. Sy het kort-kort gestop om die been te ‘dokter’ om seker te maak waar dit ingaan by die prostese, dat daar nie blase of stukkende plekkies vorm nie.

Etta en Elsie swoeg teen die opdraendes uit,
Etta het kort-kort op die pad gestop om haar been te behandel, sodat daar nie blase of merkies op die stompie vorm nie.

Vosges noem dat vele mense haar herken het omdat hulle die stories oor haar poging op die Middelburg Observer se webtuiste gesien het. “Mense van ander dorpe het my voorgekeer en gesê hulle het die storie en video gesien en dat hulle ook bydraes gegee het vir Middelburg Feral Care.”

Al was die roete baie uitdagend, is Vosges oorgehaal om volgende jaar wéér die Wild Challenge aan te pak en dan hopelik voor die afsnytyd by die eindpunt te wees.

Die roete is baie uitdagend.

• Sy het dankie gesê vir haar span wat haar op die pad ondersteun het, naamlik Douw (haar man) en vriendinne Elsie Versfeld (69) en Marie Kruger (66). Marie is die enigste een van die span wat die wedloop onder die afsnytyd in 3.52 klaargemaak het.

Die span staan by mekaar pas nadat almal by die eindpunt aangekom het.

• Etta sê ook dankie vir die organiseerders van die Loskop, asook al die waterpunte en almal wat haar projek ondersteun het.

• Charmain wil graag vir Etta en haar spanmaats bedank wat die uitdaging voltooi het, asook elke skool, besigheid en persoon wat bydraes gelewer het vir die fondsinsamelingsprojek.

• Etta en Elsie is afgeneem by die ‘Selfie-raam’ van die Middelburg Observer se waterpunt! Daar is egter báie atlete afgeneem!

Etta Vosges en Elsie Versfeld by die selfie-raam van die Middelburg Observer.

Almal wat die Wild Challenge, die 10km en die 4,9km wedlope voltooi het, kyk hier: You’ve been snapped at the Middelburg Observer Wild Challenge water point

@middelburgobserver

Middelburg blade runner, Etta Vosges, and her support team finished the Loskop Marathon 21km Wild Challenge in aid of or town’s local Feral Care Friends.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button