News

Wieldiewe soek nou kleiner modelle se wiele!

Daar word nou nie net meer groter voertuie se wiele gesteel nie en word álle voertuig-eienaars van selfs kleiner karretjies gewaarsku om lig te slaap.

Wieldiewe het vir die tweede keer binne in ’n paar weke toegeslaan en ’n kleiner voertuig se wiele gesteel.

Me. Wanita Rademeyer het gisteroggend haar Suzuki Swift op plaveiselstene by hul huis in Oribistraat (Kanonkop) gekry.
“Die skade is tussen R6 000 en R8 000 per wiel, want my karretjie het mags (sierwiele) ook opgehad!”

Hulle vermoed die booswigte moes tussen 03:30 en 06:00 toegeslaan het, want haar man het omstreeks 03:30 werk toe gery.
“Daar staan ander voertuie ook op die perseel, maar hulle het net my kar se wiele gesteel. ’n Mens het hard gewerk om te kry wat jy het en dan kom vat hulle dit net! Dit is nie net dit nie, hulle veroorsaak soveel ongerief!” het me. Rademeyer uitgevaar. Sy moes met ’n vriendin reël om haar gister werk toe te neem en haar dogter vra om haar weer huis toe te vat later.

Die hek is nie van die spoor afgelig nie, omdat hulle versterkings aan die bokant aangebring het.

Me. Rademeyer doen ’n beroep op inwoners in Oribistraat wat dalk kameras het wat straat toe wys, om haar te kontak.
• Net etlike dae gelede is ’n Kia Picanto se wiele in Helen Josephstraat (Dennesig) gesteel.

Lees ook: Wheels stolen from vehicle in Dennesig

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button