News

Wees versigtig: digte mis op dié paaie

Motoriste word gemaan om versigtig te wees met digte mis in die dorp, asook op die paaie om Middelburg.

Daar is vanoggend van oraloor gewaarsku dat digte mis sig belemmer op die paaie.

Talle Middelburgers en ander lede op verskeie groepe, soos die Traffic Alert WhatsApp-groep het laat weet dat hulle digte mis op die paaie gekry het.

Buiten Middelburg self, is daar ook oor erge mis op dié paaie gewaarsku: die R555 (ou Middelburg/Witbankpad), op N4 tussen Belfast en Machadodorp, N11 op pad na Hendrina, al die paaie om Carolina en die N12 tussen eMalahleni en Ogies. Daar is ook gesê dat daar reeds voertuie in mekaar vasgery het sowat 10km buite eMalahleni, maar daar is nie meer inligting verskaf nie.

Stanton de Souza het dié foto geneem van die mis in die Hendrina area.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button