Beloning as vriendelike wyfiekat opgespoor kan word
’n Vriendelike wyfiekat het Sondagaand skielik verdwyn.
’n Beloning word aangebied vir die persoon wat Gabi, die oulike agt maande oue wyfiekat, kan terugbesorg.
Magda Lombard sê sy het Gabi vir ’n oomblik laat uitgaan by hul huis in Verdoornstraat (Mineralia) en het die kat binne minute net verdwyn.

Gabi het ’n swart nekbandjie met ’n goue klokkie aan.
“Daar is net een soos Gabi, sy is ons kind. Haar plekkie is leeg, ons mis haar lawwe streke! Sy het sjokolades uitgehaal uit ons bedkassies se laaie en om die hoek vir ons gewag om ons skrik te maak. Ons mis ook haar neusie-lek in die oggende om ons wakker te maak.”

Magda doen ’n beroep op enige persoon wat dalk weet waar Gabi kan wees, om haar te skakel by 065 309 9141.
