News
Motorfietsryer doen ernstige beenbreuk op in ongeluk
Verkeer het teen ’n slakkegang beweeg na ’n motorfietsongeluk vanoggend in Samora Machelstraat.
’n Motorfietsryer het ’n ernstige onderbeenbreuk opgedoen in ’n ongeluk in Samora Machelstraat, naby die verkeerslig op pad na die Middelburg Mall.
Die ongeluk het omstreeks 09:30 gebeur.
Die beseerde motorfietsryer het op die toneel gesê dat hy op pad was om ’n danskompetisie in Middelburg te kom beoordeel, toe die ongeluk gebeur het.
- Hy is per ambulans na die Life Midmed Hospitaal afgevoer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
