News

Skool betuig medelye vir Koedoekoppie wat in Meyerstraat ongeluk sterf

Laerskool Middelburg eien dogter wat deur trok getref is as 'een van ons klasmaatjies'

NOTA AAN LESERS: Die storie is aangepas op 19/06/2025 om 18:55 met bevestiging van die Brink familie dat die oorlededene se naam Janeke, en nie Jannika is, soos dit op die huldeblyk van die skool aangedui is nie. Janeke het haar ma se naam, wat ook Janeke heet. Opvolgberigte is ook aangepas.

Laerskool Middelburg se skoolhoof Gerrie van der Merwe het die sewejarige dogtertjie wat vanmiddag oorlede is nadat sy onder ‘n trok se wiele in Meyerstraat beland het, in ‘n hartroerende huldeblyk aan die skool se ouers uitgeken as Janeke Brink.

Janeke was saam haar boetie op hul fietse toe die trok haar getref het.

Haar boetie, wat die hele ongeluk aanskou het, kon betyds op die sypaadjie met sy fiets kom.

Die trok, wat volgens ooggetuies bo die spoedgrens in Meyersbug se rigting afgery het, was egter te vinnig vir Janeke en sy en haar fiets is deur die trok getref.

Die trok het op die sypaadjie tot stilstand gekom.

Janeke se boetie het huistoe gehardloop om hulp by sy oupa te kry vir sy sussie wat toe reeds oorlede was.

Janeke se pa is tans in Turkye waar hy wag op ‘n vlug terug Suid Afrika toe om by sy gebroke gesin aan te sluit.

Die skool se kennisgewing aan ouers versprei nou onder inwoners, en daarom het die Middelburg Observer besluit om haar identiteit bekend te maak.

“Ons harte is baie seer” het Van der Merwe in die kennisgewing gesê.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button