News

Kinderarts: Ouers kan ontspan, kinders reageer goed op behandeling teen Influenza A, ‘outydse varkgriep’

’n Plaaslike kinderarts sê ouers hoef nie so erg benoud te wees oor die ‘varkgriep’ nie, want kinders reageer goed op medikasie en herstel vinnig.

Kinderarts Riekert Swart wil graag Middelburg se ouers gerusstel dat kinders baie vinnig herstel as hulle die Influenza A-griepvirus kry.

Hy het vanoggend gemeld dat daar mense is wat ietwat paniekerig gereageer het toe daar geskryf is oor die ‘outydse varkgriep’. Hy sê dit is egter ’n gewone griepvirus en alhoewel van die kinders gehospitaliseer word, reageer hulle binne 48 uur op die antivirale medikasie, in dié geval Tamiflu, wat gegee word.

Die tipiese simptome is hoë koors, hoes en seer keel.

Lees ook: Swine flu hits Middelburg

  • Dr. Swart noem dat daar verlede maand ’n hele paar kinders egter ernstig siek geword het weens die ernstige virus, RSV (genaamd: Respiratory Syncytial Virus) en gehospitaliseer is. Daar is selfs ’n kind wat in die intensiewe eenheid behandel is.

Hy sê dat alhoewel kinders nie so ’n hoë koors kry nie, die virus hul longe aantas en hulle in die meeste gevalle ook suurstof moet kry.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button