Van noord na suid, oos na wes, weet hulle nou van Middelburg
Cravenweek en SA Skolestryd sit Middelburg op die kaart.
Die bemarkingswaarde van die 2025 Cravenweek vir Middelburg kan nie in geldwaarde gemeet word nie.
Dit was veral gister duidelik toe die SA Skolespan en A-span mekaar op Hoërskool Middelburg se rugbyveld gepak het.
Die wedstryd was nie net ’n vertoonvenster van Suid-Afrika se jong rugbytalent nie maar wat die dorp kan bied.
Dit was om die jeug in Springbok kleure te sien speel.
Boonop was een van die dorp se eie seuns, Excellent Mnkomo, in beheer van die kragmeting. Excellent is ’n oudleerling van Hoërskool Kanonkop.
Daar was skitterende rugby en die fasiliteite het andermaal as van die beste in die land uitgestaan.
Wanneer besoekers van die spog Kaapse skole se asem weggeslaan word met wat Hoërskool Middelburg kan bied dan weet jy die skool is op die wenpad.
Dit was ook weer gister so.
Die bemarking van Middelburg as dorp kan byna in dieselfde asem genoem word as toe ons aangewys is Dorp van die Jaar.
Dit was jammer die nuwe hotel is nie oop nie omdat daar gespook is om al die besoekers te huisves.
Die hotel kan in die toekoms nog ’n groot bate wees.
Dit is eintlik van akademiese belang dat die SA Skole met 49-14 gewen het.
https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7528373349618060549
