News

Video: Hael lyk soos sneeusprokie, maar paaie is seepglad!

Verskeie haelbuie het buite Middelburg geval en die paaie in glybane verander.

Oral waar daar haelbuie buite die dorp geval het, lyk dit plek-plek nog of dit gesneeu het!

Vanaf sowat 12km buite Middelburg tot omtrent 20km uit op die Stoffbergpad het die hael ’n spierwit tapyt gegooi.

Die hael het ’n spierwii tapyt gegooi. FOTO: Verskaf.
Die hael is steeds op van die huise se dakke sigbaar in die Stoffberg omgewing. FOTO: Verskaf.

Dit het ook gehael by die Arnot Silo’s (ou Middelburg/Belfastpad naby Sikhululiwe Village) en Juanita Groenewald, voorsitter van die Middelburg gemeenskapspolisiërngsforum, het net na 08:00 ’n video gedeel van die hael anderkant die tolkhek op die N4 op pad na eMalahleni.

Daar is op die plaaslike noodgroepe ook melding gemaak dat die pad steeds nat en glad is van die hael en reën. Voertuie het gegly, een het omgeslaan en ’n ander een het gevaarlik in die pad gestaan.

Daar is pas ook laat weet dat dit begin hael het op die N4 naby Belfast en dat voertuie op die nat pad gly.

Voertuie het gegly op die nat pad op die N4 tussen Middelburg en eMalahleni. Een voertuig het omgeslaan. FOTO: Verskaf.
Die hael op die N4 veroorsaak dat voertuie gly.

 

@middelburgobserver

Hail covered roads, fields and rooftops, resembling snow, just outside Middelburg this morning. Slippery conditions persist on the roads, please drive carefully.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button