News

Bagasiebakmoord: verhoor weer uitgestel

Die verhoor van die bagasiebakmoordsaak sou hierdie week begin, maar is uitgestel omdat een van die beskuldigdes van regsverteenwoordiging verander het.

Die verhoor teen die oorblywende vier beskuldigdes in die bagasiebakmoordsaak, is hierdie week weer uitgestel.

Drie mans en ’n vrou word aangekla nadat Danie Maritz (27) se oorskot in die uitgebrande voertuig van die vrouebeskuldigde se kar gekry is.

Angie (Angelique) Appelgryn, Jan Jordaan, Kobus Pretorius en Emele Jacobs het in die streekhof op Middelburg verskyn.

Danie is in November 2023 by ’n skrootmetaalbesigheid in Middelburg vermoor. Sy oorskot is later in die uitgebrande voertuig van Appelgryn naby ’n myn in Clewer gekry.

Danie Maritz is die aand van 15 November 2023 by ’n skrootmetaalbesigheid in Middelburg vermoor.

Jordaan en Pretorius is steeds in aanhouding.

Alex Grobler is aanvanklik saam met Appelgryn, Jordaan en Pretorius aangekla. Hy het laat verlede jaar tydens ’n pleitooreenkoms met die staat sy aandadigheid tydens die gebeure waar die voertuig aan die brand gesteek is, erken. Hy is effektief vyf jaar tronk toe gestuur.

Jacobs het in Januarie vir die eerste keer saam met die oorblywende drie in die hof verskyn.

• Tydens die borgverhoor in 2023 het die ondersoekbeampte, sers. Osia Banze die beskuldigdes as ‘harteloos en gevaarlik’ beskryf in sy getuienis om borg teen te staan.

• Die verhoor is uitgestel omdat Appelgryn van regsverteenwoordiger verander het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button