News

Hekmotordiewe slaan toe by tweede kerk binne ‘n week!

Net etlike dae nadat 'n hekmotor by 'n kerk in Eastdene gesteel is, is daar vanoggend ook 'n hekmotor by 'n kerk in Kanonkop uitgeruk.

Die hekmotordiewe het in die vroeë oggendure toegeslaan by die The Light Ministries Kerk in Kanonkop!

Pastoor Freddie van der Merwe het bevestig dat hul kerk, wat in Dahliastraat geleë is, se hekmotor gesteel is.

Die booswigte kon nie die palissadehek van die spoor af gelig kry nie, omdat daar versterkings aangebring is. Hulle het egter oor die heining geklouter en die hekmotor, wat ook met ‘n staalversterking toegebou is, uitgebreek. Past. Van der Merwe vermoed hulle het ‘n koevoet gebruik om die hekmotor, kompleet met sy twee batterye, uit te breek.

Die kerk se hekmotor is heelwat groter as by huise en het hy gemeld dat die skade van net die hekmotor alleen by die R15 000 beloop.

“‘n Mens voel so magteloos,” het hy omgekrap gesê.

Dié diefstal volg net etlike dae nadat daar twee hekmotors by die Christian Fellowship Church in Eastdene gesteel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button