News

Man klou aan lewe na kopskoot langs Aerorand laerskool by Athlonedam

Ouers laai kinders op om sefldood toneel.

‘n Man het homself in die kop by Athlonedam geskiet.

In die voertuig was ‘n papier geplak wat lees ‘ek is dood, bel vir ….’.

Die persoon wie se nommer op die papier geskryf is, word met rede nie gepubliseer nie.

Daar is kort voor die voorval op verskeie plaaslike WhatsApp noodgroepe gevra dat daar uitgekyk moet word vir die voertuig waarin die man gevind is, omdat dit volgens die boodskappe ‘n ‘moontlike selfdood poging kan wees’.

Die man is egter nog lewend voor in die voertuig gevind, en hospitaal toe gejaag deur ambulansdienste.

Sy beserings is egter uiters kritiek.

Ouers het in hul hordes by die skool opgedaag om hul kinders op te laai, onbewus van die toneel wat om hulle afgespeel het.

Die polisieondersoek gaan tans voort op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button