HTS Middelburg se Rooi Bulle het sy ou aartsvyand, Hoërskool Middelburg, in die Noordvaaal plaatafdeling eindstryd met 19-11 geklop.
Die wedstryd is ontsier deur ’n fees van strafskoppe.
Daar moet dadelik gesê word dat HTS Middelburg verdien het om te wen.
@middelburgobserver Hoër Tegniese Skool Middelburg se eerstespan is vanjaar se Noorval wenners in die plaatafdeling. Hulle het op hul tuisveld uitgedraf teen Hoëreskool Middelburg in die finaal. Video: Tobie van den Bergh.
Sulke eindstryde verdien egter beter wedstrydbeamptes.
Die Rooies se Tercius Bezuidenhout het vroeg met ’n strafdoel misluk en later met nog drie strafdoele nie die kol getref nie.
Die Groenes se Matthew Abbey het self nie ’n gelukkige dag met bdie skoen gehad nie en met ’n redelik maklike doelskop misluk.
Daarna het Middies aanhoudend kantlyn toe geskop in plaas daarvan om die drie punte te vat.
Die wedstryd is voor ’n volgepakte stadion gespeel.
View this post on Instagram
Tegnies was rustyd met 11-8 voor nadat Hanru Terblanche gaan druk en agsteman Bezuidenhout met twee strafdoele geslaag het.
Die koookwater flank, CW Hanekom, het vir Middies gedruk en Abbey het met ’n strafdoel geslaag.
Janco Botha het in die tweede helfte ’n skitter drie gedruk na hy ver met die bal gestoomroller het en Bezuidenhout het nog twee strafdoele bygevoeg om die Rooies met agt punte voor te plaas.
Abbey het Middies se enigste ander punte met ’n strafdoel bygedra.
Beide spanne het dodelik verdedig.
HTS se Johnny dos Santos het ’n geel kaart gekry na ’n gevaarlike duikslag.
Middies se o/16 span het Oos-Moot in ’n spannende wedstryd met 24-19 geklop om die eindstryd te wen.
@middelburgobserver Hoërskool Middelburg se kookwater o/16 span is vanjaar se Noordvaal Plaat-finaal wenners. Hulle het teen Oos-Moot uitgedraf op Middelburg in die finaal. Hier sing die skool sy skoolied met trots. Video: Tobie van den Berg.
Hoërskool Middelburg se rugbyspanne is as algehele Noordvaal kampioene gekroon.
View this post on Instagram