News

Dorp salueer oud ‘Captain Crime Stop’ wat kinders 10111 geleer het

Jonk en oud was lief vir hom.

Middelburg se eens geliefde Captain Crime Stop, a/o Gerrit Maritz, is Dinsdag dood in ’n motorfietsongeluk op die R102 naby Groot Brakrivier.

Maritz was jarelank ’n polisieman in Middelburg waar hy ook grootgeword het.

Hy het rondom 2017 Wes-Kaap toe getrek, waar hy sedert 2022 as dranklisensie-inspekteur in die KwaNonqaba polisiestasie se vuurwapen, drank en tweedehandse goedere kantore gewerk het.

Maritz was altesaam 25-jaar in die polisie, en is in 2020 met ’n langdienstoekenning vereer vir 20-jaar diens.

Hy is Dinsdag omstreeks 14:00 oorlede nadat sy motorfiets teen ’n Toyota Hilux bakkie gebots het.

Die bakkie se insittendes is nie beseer nie.

Maritz sou op 23 Oktober sy 47ste verjaardag gevier het, met sy ouers Edmund en Loraine wat van Middelburg af vir hom sou gaan kuier.

Plaaslik was Maritz tientalle kinders se held.

Hy het altyd die rol as Captain Crime Stop vertolk tydens polisiebesoeke aan skole waar hy in sy Captain Crime Stop mondering, honderde drukkies van kinders gekry het.

Hyself was pa van dogters Geraldine en Shamoné.

Maritz se suster Lorette Mostert is self ’n kolonel in die Polisiediens, en by die Middelburg Polisiestasie gestassioneer.

’n Roudiens sal Dinsdag, 16 September, by die KwaNonqaba gemeenskapsaal vir Martiz gehou word.

Hy word oorleef deur sy ouers, dogters Geraldine en Shamoné, swaer JP, kleinseuns Derick en André, suster Lorette, swaer Johan, hul kinders Vincent en Monique, en ook sy eksvrou Beatrice.
Nuus van Maritz se dood word sedert die voorval op plaaslike WhatsApp-groepe betreur.

Hy sal onthou word vir sy stil, vreedsame geaardheid, en naas sy motorfiets was hy ook lief vir musiek.

’n Saak van strafbaremanslag word tans ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button