News
Sirkusgangers kyk geskok toe hoe akrobaat van swaai af val
'n Akrobaat van die sirkus het vanmiddag beserings opgedoen toe hy van 'n swaai afgeval het.
Voor die oë van tientalle sirkusgangers het ‘n akrobaat van die McLaren Sirkus vanmiddag sy balans verloor en geval.
Die ongeluk het gebeur tydens die 15:00 vertoning.
Dit is onduidelik watter beserings hy opgedoen het, maar videos wat die rondte doen, wys hoe hy sy balans verloor en van die swaai af val.
Die persoon wat aan die ander kant van die swaai was, het dadelik die swaai tot stilstand gebring sodat die swaai nie terugkeer en hom weer tref nie.
Personeel van die sirkus het hom opgetel en uitgedra uit die arena uit, terwyl daar oral uitroepe van skok gehoor is.
Hy is per ambulans na die Life Midmed Hospitaal geneem.
- Sodra die mediakantoor van die sirkus reageer op ons navraag, sal ons meer inligting verskaf.
- Die video word om menslikheidsredes nie nou gepubliseer nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
