News

Nieroorplanting lê voor vir AJ

Die Rooies ondersteun een van hul eie!

Die 15-jarige HTS Middelburg leerder, AJ Bothma, staan nou kans om ’n normale lewe te lei met ’n nieroorplanting wat in Oktober vir hom voorlê.

AJ veg al van verlede jaar af ’n verbete stryd teen nierversaking, wat gelei het tot minstens ses operasies en voltydse dialise.

Dit neem oor die algemeen vyf jaar op die oorplantingswaglys, maar AJ sal op 3 Oktober vir ’n nieroorplanting gaan.
Sy ma, Ilze van Heerden, skenk vir hom ’n nier.

HTS Middelburg het ’n fondsinsameling geloods om AJ se pa, Dirk Bothma te ondersteun met die astronomiese mediese onkostes.

Dirk sal AJ vergesel tydens die oorplanting wat in Pretoria sal plaasvind. Onkostes sluit vervoer, verblyf en mediese rekeninge, wat nie deur die mediese fonds gedek word nie, en ekstra kostes wat moontlik kan by kom, in.

Die Rooies rugby-afrigters het ’n veiling georganiseer om fondse vir AJ in te samel.

Dié aanlyn-veiling vind Donderdag vanaf 18:00 tot 21:00 plaas

Items wat op veiling te koop is sluit die volgende in:

LEGO Super Mario geskenkpak; SDC Noordvaal plaat eerstespan kampioene wynbottel; Rooshout vleisplank; ’n HTS Middelburg steakplank; ’n AJ Vasbyter wynbottel; SDC Noordvaal Plaat eerstespan kampioene Magnum wynbottel; 2026 SDC Noordvaal trui (Jano Venter se nommer 24).

Die volgende skakel kan besoek word om aan te sluit by die veiling: https://chat.whatsapp.com/IJaaDktV14FE7sylgiS9if?mode=ems_wa_t

Die ouers van die o/14-span het ook ’n lootjietrek gereël waar wonderlike pryse op die spel is.

Pryse sluit in: ’n Swartwildebees-, springbok- en blesbokjag (slagfooie uitgesluit); ’n stylvolle leersak ter waarde van R3 500; ’n handgemaakte vleisplank en charcuterie-bord.

Lootjies beloop R50 en word tot 21 September verkoop.

Skakel 082 898 8861 om seker te maak jy kry jou lootjie.

• Inwoners wat nie finansiële bydraes kan maak nie, word gevra om in hul gebede aan AJ te dink.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button