News
Video: Kwaai kiewiet ma skrik vir geen kar nie
Pomp spiere, sprei vlerke om enige gevaar te waarsku.
Stop-stop ek is ’n Kiewietcop!
Soos ’n wafferse kwaai verkeersman het ’n kiewiet wyfie Dinsdagaand voor ’n voertuig gaan staan met ’n houding van: “By my kom julle nie verby nie!”
Dit is nie snaaks dat sy in die straat tussen Virgin Active en Midwater so spiere opgepomp het nie.
Al het die insittendes van die voertuig haar geduld getoets deur bietjie nader te ry, het sy eenvoudig meer vlerke wyd gesprei om te wys, “julle kom nie naby my twee kuikens nie.”
@middelburgobserver Dapper kiewiet wyfie wyk vir geen gevaar nie. Video: Zak van Zyl.
Die wyfie en haar kleintjies het na haar kragvertoning, na veiligheid gestap.
- Zak van Zyl, wat die video geneem het, sê dit was kosbaar om die dierelewe so in sy volle skoonheid in ons dorp te sien.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
