News

KYK: Man vas weens inbrake by skole

Maak maar seker die vensters is op knip.

’n Bekende plaaslike swerwer het Donderdag vlugtig in die hof verskyn nadat hy positief verbind is met twee beweerde inbrake by plaaslike skole in die dorp.

Die kringtelevisiemateriaal wys hoe ’n figuur rondsluip by die skole.

In een van die videos kan gesien word hoe die verdagte ’n asblik nader trek voordat hy deur ’n venster klim.

Op die video het die verdagte ’n rugsak by hom.

@middelburgobserver

CCTV footage of recent break-ins at two local schools, was used to tie the suspect to both cases. The burglaries took place at both a high school and primary school. The suspect has already appeared in court. Middelburg

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Kort nadat hy die klaskamer in is, kom hy weer uit en tel dan die rugsak op en loop weg.

Terwyl hy uitklim, haak sy hemp aan die vensterraam vas, en spook hy vlugtig om los te woel.

Een van die voorvalle was by Steelcrest High en die ander by Laerskool C.R. Swart.

Titon Security het die videomateriaal fyn nagegaan en die verdagte opgespoor.

Familielede het ook die verdagte uitgeken.

Hy is toe deur die polisie gearresteer en het Donderdag vlugtig in die hof verskyn op klagtes van inbraak.

  • Hofbronne het bevestig dat Bolozlow Reynierse op die bogemelde klagtes in die hof verskyn het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button