Kollig op erfenis – Foto van pantsertrein in stasie
Clubville soos nog nooit gesien op uitstalling.
Die Middelburg Erfenisvereniging het die afgelope week sy beste voet voorgesit om ’n suksesvolle nasionale simposium aan te bied.
Daar was besoeke aan die Witkerk, stasie en vanmiddag word die ou begraafplaas met sy groot aantal geskiedkundige grafte besoek.
Deel van die sukses was ’n insiggewende foto-uitstalling deur Theo Ligthelm by die Middelburg Buiteklub wat die dorp se geskiedenis weerspieël.
Daar is vandag foto’s oor die lewe in die konsentrasiekampe en selfs ’n Englese pantsertrein in die stasie tydens die Anglo-Boereoorlog.
Een van die interessantste foto’s is van die terrein wat vandag as Clubville bekend is.
Die simposium sluit vanaand af en die Middelburg Observer, wat gisteraand vir sy bydrae tot die Middelburg Erfenisvereninging vereer is, gaan nog verskeie berigte oor die week se aanbiedinge publiseer.
