News

KYK: Meneer Geskiedenis vereer vir hand in Mpumalanga erfenisbewaring

Hy is ’n groot dryfveer agter die blou bordjies.

Middelburg se “Meneer Geskiedenis”, Theo Ligthelm, is gisteraand deur die Suid-Afrikaanse Erfenisvereniging vereer vir sy werk om die provinsie se geskiedenis te bewaar.

Hy, meer as enigiemand anders, speel ’n reuse rol, om te sorg dat Middelburg se geskiedenis nie verlore gaan nie.

Hy is ook die groot dyfveer agter die sukesvolle bloubordjieprojek op die dorp.

@middelburgobserver

Theo Ligthelm, known as Mr History in Mpumalanga, being honoured for his heritage preservation work, at the National Hertiage Symposium gala-dinner last night.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die werk wat hy doen om geskiedenis skatte te bewaar, is die afgelope week gesien, toe hy met groot moeite elke dag tydens die nasionale vereniging se simposium, gesorg het vir ’n foto-uitstalling by die Middelburg Buiteklub.’

As lid van die Middelburg Erfenisvereniging is hy besig om die dorp in ’n potensiële  toerisme mekka te omskep, met verskeie planne wat selfs toeriste van oorsee hierheen kan lok.

Kyik gerus die video waar professor Kathy Munro die oorhandiging gisteraand by ’n gala-aand doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button