Video wys hoe ongeluk byna gebeur toe voertuig aan verkeerde kant verbyskiet
'n Onbedagsame motoris het so byna 'n ongeluk veroorsaak toe hy aan die verkeerde kant oor die pad gery voor verkeer ingeskiet het.
‘n Paneelbordkamera het vasgevang hoe ‘n voertuig uitdagend oorswaai na aankomende verkeer nadat ‘n toeter geblaas is.
‘n Inwoner (wat anoniem wil bly) het omgekrap gemeld dat hy byna in ‘n ongeluk betrokke was verlede Vrydag.
Hy het gestaan en wag vir die pyltjie om te wys dat hull vanuit Lilian Ngoyistraat regs kan draai in Beyers Naudestraat in. Hy het begin ry, maar die volgende oomblik het ‘n wit voertuig, wat in die verkeerde oorkantste baan was, oorgejaag gekom en skuins voor hulle ingeskiet.
Op die video hoor ‘n mens hoe hy toeter blaas, waarop die aankomende voertuig sommer ook oorswenk in hul rigting in. Die man het gemeld dat as hy nie so stadig gery het nie, hulle beslis in ‘n ongeluk betrokke sou wees.
@middelburgobserver Dashcam footage shows a driver on the wrong side of the road swerving into oncoming traffic, almost causing an accident. RoadSafety, Middelburg, StayAlive
