News
KYK: Twee voertuie in nagtelike ongeluk in Aerorand
’n Botsing in Tafelbergstraat kort ná middernag het Aerorand se noodspanne op hul tone gehad. Twee voertuie was betrokke, en die pad is eers ná 02:40 weer volledig oopgestel.
’n Motorongeluk het kort ná middernag in Tafelbergstraat, Aerorand, plaasgevind.
Volgens Louwtjie Swart van Louws Tow-In Services, wat op die toneel was, was twee voertuie in die botsing betrokke.
Nooddienspersoneel en die polisie is onmiddellik ontbied.
Die pad is teen ongeveer 02:40 vanoggend weer oopgestel nadat die wrakke verwyder is.
Kyk video:
@middelburgobserver KYK: Twee voertuie in nagtelike ongeluk in Clubville Lees meer: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2025/11/08/kyk-twee-voertuie-in-nagtelike-ongeluk-in-clubville/ #MiddelburgObserver #Middelburg Roadaccident
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
