News

Middelburg mamma veg vir elke asemteug

’n Ma van vyf jong kinders veg vir haar lewe in die Steve Biko Hospitaal in Pretoria.

Angelique van Kraayenburg (40) baklei al langer as ’n jaar teen ’n verwoestende, ongediagnoseerde mediese toestand.

Haar gesondheid het die afgelope paar weke só drasties versleg dat haar familie verlede week deur die hospitaal gekontak is om haar, “te kom groet.”

Angelique word tans in die intensiewesorgeenheid van die Steve Biko Akademiese Hospitaal behandel, waar dokters onverpoos toetse doen om vas te stel wat haar so siek maak. Die eens lewenslustige vrou wat by Ismails Furnitures in Eastdene gewerk het, weeg ’n skamele 39kg. Sy is verlede week opgeneem in die hospitaal waar sy aan ’n ventilator gekoppel was en afgehaal is, maar weer ’n terugslag beleef het.

Middelburg, steve biko, backabuddy
Angelique soos famimilie en vriende haar geken het toe sy nog gesond en lewenslustig was. Foto: Verskaf.

Volgens haar verloofde, Pieter Smit, het dokters vanoggend bevestig dat Angelique ’n ernstige infeksie in haar regterlong het en sukkel om asem te kry. Sy loop ook gevaar vir interne bloeding en is weer teruggeplaas op die ventilator.

In die laaste week het haar hart twee keer gaan staan en is noodbehandeling toegepas. Die kostes op die gesin om haar die hele tyd te ondersteun, raak elke dag meer. Omdat haar gesondheid so agteruit gegaan het, moes Angelique haar werk bedank.

woman, middelburg, steve biko hospitaal, siekte, icu
Angelique weeg nou ’n skrale 39kg en is tans aan ’n ventilator gekoppel. Foto: Verskaf.

Pieter pendel daagliks tussen Middelburg en Pretoria om aan haar sy te wees, wat ’n emosionele én finansiële tol eis. Die kostes vir vervoer en ekstra kostes vir al die toetse maak dit bitter moeilik vir haar familie.

BackaBuddy begin om te help

Uit pure nood het Claudia Atkins ’n BackaBuddy-veldtog geloods om die gesin se finansiële laste te help dra. Elke bydrae, hoe klein ook al, sal help om:

• mediese uitgawes te dek.

• reis- en vervoerkoste te dra.

• die gesin staande te hou terwyl Angelique veg vir haar lewe.

Kliek op die volgende skakel om ’n bydrae op die BackaBuddy-blad te maak:

https://www.backabuddy.co.za/campaign/help-angelique-get-better

Middelburg mamma, steve biko, back a buddy
Na ‘n jaar van verswakkende gesondheid, is die mamma van drie nou kretiek in Steve Biko Hospitaal. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button