News

KYK: Gordyn van reën maak paaie, kruisings en brûe bedrieglik

Volgens weervoorspellers gaan ons met reën opstaan.

Die waarskuwings was kolskoot.

Daar is geen teken dat die reën gou gaan ophou nie.

@middelburgobserver

There’s no end to heavy rainfall in Middelburg, with roads and bridges flooded. This short video was shot in Njala Street by a resident and it mirrors multiple low laying areas like the Eastdene low water bridge.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die volume water wat onverpoosd uit die hemele val, is ‘n reën wat die dorp lanklaas gesien het.

Paaie is iets om te vermy, weens water wat in kruisings opdam en brûe verspoel.

Op die snelweg gaan dit nie veel beter nie en was daar onlangs ‘n botsing tussen ‘n trok en minibus by die Arnot afrit.

Geen beserings is aangemeld nie.

Vloedwaters in Middelburg vleilande.
Al die vleilande in die dorp lyk tans so. Foto: Verskaf

Tussen Kanonkop en Dennesig is Njalastraat ‘n groot dam by die kruising.

Regdeur die dorp dam water op paaie op.

Eastdene se bruggie is ook toe onder water.

Stormwaterdreine kan ook moontlik verspoel in dele van die middedorp.

Die gekantelde boom.
‘n Boom wat geval het in viljoenstraat.

Daar is ook intussen op Traffic Alert laat weet dat ‘n kar in die ‘dip,’ net voor die tolhek vanaf Emalahleni gerol het.

Daar is gelukkig nie beserings aangemeld nie.

Volgens voorspellings is daar tussen 40% en 70% kans vir reën derunag.

Motoriste word gevra om ‘n veilige volgafstand te hou.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button