News

Middelburg se Herman veg teen aggressiewe kanker – help hom só

’n Inwoner van Middelburg veg teen aggressiewe kanker nadat hy skielik siek geword het in Amerika.

Terwyl Herman Maree (39) op ’n plaas in die VSA gewerk het om vir sy gesin ’n beter toekoms te bied, het hy siek geword en het alles in duie gestort. Dié pa van drie vertel dat hy op ’n plaas via die H2A-program in die VSA gaan werk het. ’n Gewone tandpyn het in ’n ontstellende diagnose verander wat sy hele lewe verander het. Terwyl hy in Amerika gewerk het, het Herman skielik ondraaglike mond- en kakebeenpyn ontwikkel. Ná ’n tandartsbesoek het dokters ’n gewas ontdek. Dit is verwyder en vir toetse gestuur – en hy het ‘n skokkende uitslag gekry: aggressiewe kanker.

BackaBuddy, Middelburg, Fondsinsameling, Kanker, Herman
Herman Maree, soos almal hom geken het in April hierdie jaar. Foto: Verskaf.

Herman moes noodgedwonge middel Augustus terugkeer Suid-Afrika toe. Hy het tans geen inkomste nie, want hy is weens sy toestand werkloos. Hy woon nou in Middelburg waar sy ouers hom ondersteun. Volgens die familie het sy toestand die afgelope weke vinnig versleg. Die gewas is te groot om chirurgies te verwyder en hy moet chemoterapie én bestraling ontvang. Sy mond maak skaars oop, hy sukkel om te eet en praat en verloor baie gewig.

Herman beskryf dae van pyn, swakheid en periodes van verwarring. Daarby sukkel hy om konsekwente mediese hulp te kry weens sy beperkte beweeglikheid en ernstige verswakking van sy gesondheid. Stygende koste druk die gesin op hul knieë, met Herman wat geen inkomste het nie en intensiewe mediese sorg benodig. Die finansiële druk is dus vir sy familie oorweldigend. Reiskoste, mediese besoeke, basiese leefbehoeftes en ondersteuning tydens behandeling verg meer as wat die gesin kan dra.

Herman Maree, soos hy vandag lyk. Sy pyn vererger by die dag. Foto: Verskaf.

Uit nood het Driekie van Niekerk, Herman se tannie, ’n BackaBuddy-veldtog geloods om te help keer dat die gesin heeltemal onder die las insak. Elke donasie – groot of klein – help met:

• mediese uitgawes
• reiskoste en toegang tot behandeling
• basiese lewensbehoeftes
• ondersteuning terwyl Herman intensief behandel word

Middelburgers het al keer op keer bewys dat ons mense nie alleen hoef te staan nie. Nou is dit Herman se beurt om vasgehou te word.
Enige bydrae sal ’n verskil maak om Herman en sy familie te help.

Indien jy ’n bydrae wil maak, kliek op die BackaBuddy-profiel: https://www.backabuddy.co.za/campaign/a-call-for-help-for-herman-and-his-family

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button