News

Brakkie wie se baas wegraak na botsing, nou beskikbaar vir aanneming

Die hond het Middelburg se hartsnare geroer.

Die brakkie wat so sewe dae gelede by die DBV ingehandig is nadat die verdrietige hond langs die ou-Belfast pad opgetel is, soek nou huis.

Die steekbaard is by die DBV ingehandig toe ’n werker van ’n bekende dieselbesigheid die verlore hond langs die pad sien lê het by ’n sak.

Navrae het daarop gedui dat die brakkie moontlik van sy baas geskei geraak het na ’n botsing op die pad.

Die man is as ‘n ouerige oom beskryf.

Bykans geen ander inligting is beskikbaar oor die baas of die hond nie.

Die botsing kon ook nie bevestig word nie.

Die DBV het nou bevestig dat die reisiger  sy welkom oorskry het.

Daar word nou na ’n huis gesoek vir die brakkie wat vir aanneming deur die regte huis in aanmerking is.

Navrae kan by die DBV gedoen word.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button