News

Oud-polisieman in hof, ten minste nege seksuele aanrandingsklagtes, waaronder verkragting ondersoek

'n Oud-polisieman van Mpumalanga is gister gearresteer en het in die Wes-Kaap in die hof verskyn.

‘n Welbekende oud-polisieman is gister in die Wes-Kaap gearresteer op ten minste nege seksuele aanrandingsklagtes, wat onder andere verkragting insluit.

Die polisieman, wie se naam bekend is, maar wie nie op hierdie stadium geïdentifiseer mag word nie, is, luidens ‘n verklaring deur kapt. Frederick van Wyk, die Wes-Kaapse provinsiale woordvoerder, by sy blyplek in Table View gearresteer.

Deur die jare het verskeie vroue bewerings teen die polisieman gemaak.

Van die klagtes dateer sover terug as 2002 en van die klaers was so jonk as 15 jaar oud.

Hy is gearresteer op lasbriewe wat uitgereik is ten opsigte van sake wat geopen is in onder andere Middelburg, Secunda en Nelspruit.

Die ondersoekbeampte van Mpumalanga het die Wes Kaapse polisie in kennis gestel waar die oud-polisieman hom bevind en hulle het hom gaan gearresteer.

  • Die polisieman bly tans in aanhouding en sal die ondersoekbeampte hom in die Wes Kaap gaan haal en vervoer na Middelburg waar hy volgende week in die streekhof sal verskyn.
  • Behalwe vir die genoemde klagtes, was hy ook in ’n omstrede voorval betrokke waar ’n vrou gesterf het. Die omstandighede kan nie nou openbaar gemaak word nie omdat dit hom kan identifiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button