’n Donderstorm in die Karoo het die dorp se solo fietsry egpaar langs ’n dam laat skuil.
Maar dit was net een van die vele uitdagings wat Thiesa Janse van Rensburg en haar man, Johan, in die Munga bergfietsweden oor 1124km moes trotseer.

Daar was ook:
- ’n Erge maagaandoening.
- Pap fietsbande.
- Meganiese probleme.
- Johan se groot val.
- Hulle het verdwaal.
- ’n Stormsterk wind.

Die trappende egpaar wou opgee
Om nie te vergeet van seer spiere, krampe en sitvlakke wat smeek vir ’n sagte sofa.
Daar was sekerlik tye waar die trappende egpaar wou opgee.
Teen Sondag het hulle nog sowat 150 kilometer gehad om te voltooi.
Toe die son opkom was hulle moeg, dankbaar, bly, emosioneel, seer…en met 1124 kilometer agter hulle.

Thiesa het die Munga oorwin
Thiesa het die Munga, wat haar verlede jaar ’n skop in die tande gegee het, uiteindelik oorwin.
Die enigste ander solo deelnemer uit Middelburg, Veli Mthetwa, het tot op 648 kilometer gevorder, voordat hy handdoek ingegooi het.

Lees ook:
Elke pedaalslag sê liefde is sterker as alles
Vlok Cilliers’ team on the way to Munga victory
Munga: PC wys wawiel-vleuel wie is baas
Juon taking on the epic Munga to raise funds for Middelburg Care Village
