Liggiefees bly skitter
Middelburg Care Village Liggiefees is Sondae gesluit - kyk wat wag dié week!
Die Middelburg Care Village se Liggiefees gaan hierdie week voort met ’n opwindende program.
Spotlight & Beat Buddies gaan môre, 8 Desember, ‘n vername optrede lewer.

Die fees bied elke aand (behalwe Sondae) van 17:30 tot 22:00 ’n reeks gesinsaktiwiteite, waaronder ’n ‘scooter track’, peuter-speelarea, springkastele, karnaval-speletjies, ’n DJ en gratis parkering.
Opkomende hoogtepunte sluit in Chris Coetzer op 12 Desember, ’n Carols-aand op 19 Desember, en ’n vertoning deur die Middelburg Musiek Skool op 20 Desember.
Toegang:
R40 per volwassene • R30 pensioenaris • Kinders onder 3 gratis
Dié Liggiefees bly ’n hoogtepunt op Middelburg se Desemberkalender.
