KYK: Stiaan lewer ’n boodskap van hoop na ’n jaar drankvry
Stiaan se boodskap van hoop aan verslaafdes wat nog uit die donker greep van vergyp moet kom.
Stiaan Reynierse, een van Suid Afrika se uniekste stemme in die sangbedryf, het vandag sy nuwe enkelsnit, ‘Sewe’ bekendgestel.
Saam die uitreiking van die liedjie, het Stiaan, wat deesdae ook onder die verhoognaam Christian John sing, ’n boodskap aan Middelburg se inwoners gestuur.
Sy ‘hometown’ soos Stiaan Middelburg beskryf.
@middelburgobserver Stiaan Reynierse deel ’n boodskap van hoop noudat hy ’n jaar drankvry is. Die gewilde SA sanger het ook vandag sy enkelsnit titel ‘Sewe’ bekendgestel. Hy sing deesdae onder die naam Christian John, nadat hy ook na God gedraai het. Die liedje ‘Sewe’ is tans beskikbaar om af te laai op verskeie platforms.
Hy het beide dwelms en drank gelos en sê dat sy lewe nog nooit beter was nie.
Die nuwe snit is van vandag af beskikbaar op musiekplatforms.
Gaan voeg gerus die liedjie op jou speellys by.
