Middelburg Care Village se skitterliggies skyn
Die eerste week van die Middelburg Care Village se Liggiefees het honderde besoekers gelok, met kleurtonnels, gesinsaktiwiteite en ’n sterk program wat die feesseisoen tot 20 Desember laat skitter.
Liggies roep en liggies leen ’n bietjie hoop vir elkeen!

Die eerste week van die Middelburg Care Village se Liggiefees het die dorp in kleur getooi. Duisende liggies, kleurtonnels en ’n warm kuier-atmosfeer lok vanjaar weer duisende inwoners na die fees.
Die fees bied daagliks van 17:30 tot 22:00 (butien Sondae) ’n volle lys gesinsaktiwiteite, van die skopfietsbaan en peuter-speelarea tot springkastele, karnaval-speletjies, ’n platejoggie en gratis parkering.
Die ‘Kers-elfies’ van die Care Village en plaaslike welsynsorganisasies se stalletjies versterk die gevoel van samehorigheid wat die fees elke jaar dra.
Daar lê nóg lekkerte voor:
• 12 Desember: Chris Coetzer in lewende lywe
• 19 Desember: Carols-aand saam met Solid Ground Church
• 20 Desember: Middelburg Musiekskool
Toegang is R40 vir volwassenes, R30 vir pensioenarisse en gratis vir kinders onder drie jaar.
By dié fees vul skitterliggies die nag en Middelburg glimlag sag!
@middelburgobserver KYK: Middelburg Care Village se skitterliggies skyn Die eerste week van die Middelburg Care Village se Liggiefees het honderde besoekers gelok, met kleurtonnels, gesinsaktiwiteite en ’n sterk program wat die feesseisoen tot 20 Desember laat skitter. Lees meer: #Mpumalanga #MiddelburgObserver liggiefees Middelburgcarevillage
Hier is ‘n paar kiekies van die fees:
















