News

Borgaansoek van oudpolisieman wat 37 klagtes in die gesig staar tans in streekhof aangehoor

‘Chroniese siektes, afhanklikes’ voorgehou as borgredes vir oudpolisieman.

Die oudpolisieman wat beskuldig word van seksdade, waaronder verkragting, se borgaansoek word tans in die streekhof aangehoor.

Die hof is tans is reses.

Die prokureur wat die borgaansoek hanteer, Josef van Eeden, het aan die hof ‘n lang lys redes voorgehou waarom borg toegestaan moet word.

In die verklaring is gemeld dat die beskuldigde onderliggende kroniese siektes het.

Ook dat hy nie weet wie die klaers is nie en daar dus nie n kans is dat hy met hulle kan kontak maak nie.

Daar is verder voorgehou dat hy sy bejaarde ma, ‘n dogter en ‘n vrienden se kinders het, wat hy finansieel ondersteun.

Daar is talle ander redes ook aangevoer.

Adv. Derik Rowles, wat aankla vir die staat, het gevra vir n kort reses dat hulle kan kyk na die redes vir borg wat aangevoer is saam die ondersoekbeampte in die saak. Die lys redes is kort voor die hofverrigtinge vir hom gegee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button