NewsSport

Eindfluitjie blaas vir oudkaptein Hendry van Tonder

Spelers bring hulde aan een van beste agstemanne wat Suidoos opgelewer het.

Die kaptein van die 1983 Suidoos-Transvaal rugbyspan wat die Westelike Provinsie met 24-19 geklop het, Richard Cooke, was een van die oudrugbyspelers wat vanoggend ’n laaste gedenkdiens bygewoon het van Hendry van Tonder.

Van Tonder is hierdie week oorlede, nadat hy op ’n leweroorplanting gewag het.

Hy het in daardie roemryke wedstryd op sewe flank gesak.

Hy het ook voor gedraf vir Suidoos en Middelburg se rugbyspanne.
Nadat hy Suidoos in 96 wedstryde verteenwoordig het, het hy ook vir Noord-Transvaal uitgedraf.

Van die ander oudspelers wat die diens in Cornerstone Kerk bygewoon het, was Francois Rossouw, Willie Oosthuizen, Wimpie van der Westhuizen wat teen die WP senter gespeel het, sy broer Michael wat self ook vir Suidoos diens gedoen het, en George Minnaar.
Die oud adjunk president van die provinsie, Gerrie Gerrits en sy vrou, Marietjie, het ook die gedenkdiens bygewoon.

Gerrie Gerrits in diep gesprek met die oud Suidoos kaptein, Richard Cooke. Foto: Tobie van den Bergh.
Maryna van Coller (Van Tonder), Richard Cooke, Marietjie Gerrits, Gerrie Gerrits, Francois Rossouw en Michael van Tonder. Foto: Tobie van den Bergh.

Gerrie Gerrits in diep gesprek met die oud Suidoos kaptein, Richard Cooke.

Maryna van Coller (Van Tonder), Richard Cooke, Marietjie Gerrits, Gerrie Gerrits, Francois Rossouw en Michael van Tonder.

Gert van Coller, Willie Oosthuizen, Richard Cooke, Gerrie Gerrits en Wimpie van der Westhuizen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button