News
Oudpolisieman wat beskuldig word van seksdade vandag in hof vir borgaansoek
’n Oudpolisieman wat teregstaan op 37 klagtes, waaronder verkragting, verskyn vandag in die hof vir borgaansoek.
Die oudpolisieman wat in November verlede jaar gearresteer is en teregstaan op verskeie klagtes wat verband hou met seksdade, sal vandag weer aansoek doen vir borg.
Die man, wie se naam nie genoem word nie, omdat hy nog nie gepleit het nie, is in die Kaap gearresteer en het vlugtig daar in die hof verskyn. Vandaar is hy vervoer na Middelburg waar hy aansoek gedoen het vir borg.
Adv. Derik Rowles het die ondersoekbeampte se redes voorgelees waarom die oudpolisieman nie moet borg kry nie, waaronder die ernstige aard van die klagtes wat onder andere verkragting en poging tot verkragting insluit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
