Skote wat klap in Kanonkop was rubberkoeëls om drankdief te verjaag
Dief met tong vir Amarula met rubberkoeëls verjaag.
‘n Skietery by ‘n gewilde bottelstoor in Kanonkop wat deur die buurt weergalm het, was nie lewendige ammunisie wat geskiet is nie.
Die bottelstoor het rubberkoeëls ingespan om ‘n drankdief te verjaag.
Die bottelstoor was vantevore ook by ‘n ander, meer ersntige skietery betrek, nadat ‘n kliënt van die bottestoor in Maart verlede jaar beroof is.
In Maart, is bottelstoor personeel en die kliënt agter gewapende rowers aan, wat met die kliënt se sak geld buite die bottelstoor gevlug het.
Meer as R50 000 is geroof.
Die personeel het die rowers, wat te voet gevlug het in Impalastraat, by die tennisbane ingehaal.
Die rowers het toe op hul agtervolgers losgebrand en ook die voertuig van ‘n paartjie wat by die tennisbane se parkie in hul kar gesit het, gekaap.
Met die wegjaag het hulle ook met lewendige ammunisie losgebrand in alle rigtings.
Twee huise is raakgeskiet.
‘n Inwoner van Impalastraat is die oggend ook in haar voordeur deur ‘n projektiel in die nek gewond.
‘n Fragment van ‘n koeël wat ‘n afdak in die vrou se erf getref, en toe gesplinter het, het haar gelukkig net rakelings in die nek getref.
Volgens personeel van die bottelstoor het ‘n dief vandag twee bottels Amarula gesteel, deur die ‘tags’ van die bottels af te byt, en die bottels in sy klere in te druk.
Hy is egter gekonfronteer en het een van die bottels terug oorhandig en laat spaander.
‘n Personeellid is agterna waarna ‘n tweede bottel oorhandig is.
Die dief het toe die bande behoorlik laat rook om weg te kom.
Dit was toe nog ook onduidelik of hy meer bottels by hom gehad het.
Rubberkoeëls is afvuur, wat ‘n sarsie harde plofgeluide tot gevolg gehad het.
Niemand is gelukkig beseer nie.
