News

Ons hoenors skrik vir niks want hulle is streetwise

Wat het die een hoender vir die ander hoender gevra?

Pik ons vanaand by jou of by my Kentucky?

Middelburg se hoenders is soos Robbie Wessels se Mphe die hoenor.
Nie bang vir Kentucky Fry nie.
Die lemon en die herb
Of die full chicken braai.

Nee wat, hulle is nie eers bang om opgedis te word as “peri-peri for my cherry of mild for my child” nie. “Maybe a Full Chicken Barrel, for my big sister Cheryl?”

Ons hoenors is die dapperste in die land.
Die geur van Kentucky Fried Chicken se Streetwise skrik hulle nie af nie.

Om die waarheid te sê, hulle is meer tuis in die omgewing van Kentucky as ’n eierplaas.

Vir jare kloek-kloek ’n troppie hoenders om die Cowen Ntulistraat Kentucky oorkant Hoërskool Middelburg. Hulle speel ook gereeld Russiese roulette deur ’n verlore mieliepit in die besige straat te gaan oppik. Saterdagoggend het ’n ma en haar kuiken by die Midwater Kentucky al kloekende om Kolonel Saunders se gebou gedraf. Motoriste was darem nie die hoenders in omdat hulle moes wag, terwyl die twee so pik-pik daar langs Kentucky nie.

Inwoners het al vrede gemaak met die dorp se hoenders. ’n Paar maande gelede het ’n ma en haar kuiken verkeer in Wesstraat ontwrig. Oorkant Kanonkop Spar is daar ’n haan onder die henne. Wanneer hy oor die straat draf, kam rooi-orent, moet voertuie maar wag, totdat hy eers die hennetjie kortgevat het.

Nee wat Robbie.
Ons hoenors, skrik nie vir Kentucky nie.
Hulle is Streetwise.

KYK: https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7599552562739629329

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button