News
Gert het diep spore getrap in baie mense se lewens
Gert Human, die oud-onderwyser van Hoërskool Middelburg wat Saterdag in die vroeë oggendure oorlede is, het diep spore getrap waar hy ookal gegaan het.
Selfs al was hy jare nie meer in die onderwys nie, sal Gert Human (66) se nalatenskap nog jare in vriende en oudleerlinge van Middies se harte voortleef.
Gert is Saterdag in die Unitas Hospitaal oorlede.
Sy suster, Leo Whitfield, het vertel hoe geliefd hy was by almal en dat hy op sy gelukkigste was as hy kon braai.
Die familie het vanaand laat weet dat die begrafnisreëlings gefinaliseer is. Die begrafhis is volgende Donderdag (5 Februarie) om 11:00 uit die Corpus Christi gemeente.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
