News
Oudpolisieman Awie se getuienis in geregtelike doodsondersoeksaak later aangehoor
Die geregtelike doodsondersoek om te bepaal of ’n oudpolisieman vervolg gaan word vir sy vriendin se dood, is weer uitgestel.
Net voor Awie Geldenhuys sy getuienis sou gee rakende die gebeure in Kranspoort waarin sy vriendin gesterf het, is die saak wéér uitgestel omdat ’n Afrikaanse tolk nie beskikbaar was nie.
Die geregtelike doodsondersoekverrigtinge het Maandag en Dinsdag oorgerol na vandag, waarna dit weer uitgestel is na Meimaand.
Daar is reeds getuienis aangehoor in die geregtelike doodsondersoek om te bepaal of Geldenhuys vervolg gaan word.

- Koos Harmse tree op vir Maryka se ma, Petro.
- Adv. JJ Venter tree op vir Geldenhuys.
- Maryka se ma en suster, Winnie, was hartseer dat die saak weer uitgestel is en hulle steeds nie antwoorde kon kry nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
