News

KYK: Hartroerende verhale hoe honde gered en aangeneem is

Verskeie honde is deur barmhartige samaritane gered en is hul verhale vertel by 'n dag van hoop.

Selfs die beoordelaars het trane in hul oë gekry toe daar vertel is hoe aanneemhonde gered is.

Hierdie spesiale verhale het deel uitgemaak van die Hoop-dag by Aerorand Primary School ten bate van die Middelburg Dierebeskermingsvereniging en die CMR.

Die dag het nie net bestaan uit pret nie, maar ook verskillende hondekompetisies wat goed ondersteun is deur ons gemeenskap.

Met een van die kompetisies moes die deelnemers verhale kom vertel hoe honde gered is en nou deel van hul families uitmaak.

Alfred Gustafen was die wenner met sy verhaal oor Kaydee wat hulle as jong hondjie in die veld langs die Hendrinapad gevind het en te swak was om weg te hardloop. Vlieë het die hondjie se ore byna heeltemal opgevreet en ‘n stuk hoenderbeen het nog vasgesit tussen haar tande.

Vandag is Kaydee is gelukkige hond wat die wêreld vol hardloop.

@middelburgobserver

Middelburgers vertel hartroerende verhale van hoe honde gered en aangeneem is by ‘Hoop’-dag ten bate van Dierebeskermingsvereniging en CMR. MiddelburgDBV, MiddelburgCMR, MiddelburgObserver, MiddelburgSPCA, AnimalRescue

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Pierre Pieterse het sommer twee aanneemhonde ingeskryf! Roscoe en Abbey het albei besondere verhale. Roscoe het hulle by die DBV gaan aanneem en is hy vandag ‘n vriendelike, lewendige hondjie wat daarvan hou om te draf en te speel.

Abbey het lank in die dorp rondgehardloop, maar die dag toe sy onderdeur ‘n hek gekruip en voor Pierre se voete kom lê het, het hy net geweet, dit is sy hond en is hulle sedertdien onafskeidbaar. Abbey tweede geëindig.

Louise Barnes (Mdidelburg CMR, Bemarking en Fondsinsamelings) en Pierre Pieterse met Abbey wat tweede gekom het by die hondekompetisie. Foto: Daleen Naude.

Alwyn Roux met sy hond Luna was derde en hy het ‘n interessante verhaal vertel van hoe die hondjie gered is en wat haar DNA alles oor haar te vertel het.

Alwyn Roux met Luna. Foto: Daleen Naude.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button